ROOIBOS T FEES

30 Maart 2019

Ons drink T, praat T en lief Rooibos T

Alle Rooibosvriende word genooi om te kom deel in die eerste Rooibos T Fees. 'n Fees vir die hele gesin. Met meer as 100 geure van Rooibostee is dit enige Rooibosteedrinker se paradys. Natuurlik is daar nie net vir die teeliefhebber tee nie, rooibosgebak en -kosmetiese produkte sal ook te koop aangebied word. Vir die manne en landbouers is daar 'n groot landbou uitstalling - alles waaraan jy kan dink om jou boerdery makliker en meer gespesialiseerd te doen.

Demonstrasies deur Corli Botha en Edwin Theron sal jou mond laat water. En vir die kinders is daar 'n petting zone. Die landbouers gaan raad en idees uitruil en die mammas gaan koek en tee. Kom sommer vroeg, anders mis jy die teesnykompetisie! Kom kyk hoe word jou koppie rooibostee verbou - die hele proses van sny tot droog. En wat is 'n Fees nou sonder 'n Plaasmeisie en Plaasseun kompetisie? Kom kyk en ondersteun die pragtige haasbekkies. Of jy nou wil koop, kyk of kuier op 'n rooibosplaas, of selfs iets nuuts leer, dis die Fees wat jy nie wil misloop nie.

Demonstrasie

Corli Botha

Landbou gesprek

Landbouer
Die jong manne vra raad

Demonstrasie

EdwinTheron600
Edwin Theron - kosmaak is pret

Plaasmeisie en Plaasseun

kids3 600
Skryf nou jou natuurkind in
 

Werkswinkels

dav
Raak kreatief met Rooibostee

Demonstrasies

Tee sweet
Kom kyk hoe verwerk ons Rooibostee

Volledige Program

rtf pamflet 600
Ons bied vir jou 'n propvol program

Uitstallers

Uitstaller 1
Bespreek vroegtydig
 
Kaartjies / Toegangsfooie
  • Volwassenes R120
  • Kinders 6-12 R60
  • Voorskool gratis
  • Pensionarisse R60
  • Gesinspakket R300 {2 Volwassenes, 2 kinders (6-12jr)}

Bespreek voor end Januarie 2019 en kry 15 % afslag.

Quicket

Dagboek die datum vir die eerste Rooibos T Fees


30 Maart 2019, Jakkalsvlei, Clanwilliam
00

days


00

hours


00

minutes


00

seconds